Verwerk die Verlede
Manage episode 457875475 series 3072738
2 Korintiërs 7:10 want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)
Oor net 'n paar dae gaan ons kalender oorskakel na 'n nuwe jaar. Nou wel, in werklikheid is dit maar net nog 'n dag. Maar die idee van nog 'n jaar wat wegglip, is geneig om ons gedagtes te prikkel.
In hierdie doodsnikke van die ou jaar dink ons dikwels aan die jaar wat verby is - die goeie tye en die slegte, die oorwinnings en die nederlae, ons wyse besluite en die foute waaroor ons spyt is.
Hoekom doen ons dit? Wel, dit gaan daaroor dat ons die verlede wil verwerk, sodat ons daarmee vrede kan maak. Want as ons dit nie doen nie, sal ons die impak van die slegte dinge, die verliese voel, en dit sal ons voortdurend pla.
So, terwyl jy die gebeure van hierdie jaar verwerk, is dit so belangrik dat jy veral die hartseer te ruste moet lê. Hier is 'n Woord van God om jou daardeur te help:
2 Korintiërs 7:10want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)
Droefheid is 'n tweesnydende swaard. Dit kan 'n goeie ding of 'n slegte ding wees. Dit kan ons op 'n punt bring om ons lewe ten goede te verander, en om positief te lewe, of om af te sak in ‘n put van negatiwiteit. Luister baie mooi na God se raad terwyl jy jou jaar verwerk; terwyl jy droefheid te ruste lê en nie na die wêreld se raad luister nie.
want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1422 episodes