‘n Vredesverklaring
Manage episode 449564938 series 3072738
Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.
Baie mense verstaan nie dat hulle baie emosionele energie mors deur van hul verlede te probeer vlug. Ek het dit self vir baie jare probeer doen. Wat van jou?
Dit is uitmergelend om jou verlede; ja, om die dinge wat jy gedoen het en die verkeerde dinge, wat aan jou gedoen is, te probeer ontvlug. Dit is absurd. Jy wil nou ‘n gelukkige lewe lei, maar op een of ander manier beroof die skuldgevoelens oor verkeerde dinge uit jou verlede jou van jou vrede.
Ek kan jou baie mooi vertel hoe dit voel, want ek het self probeer om my verlede te ontvlug. En uiteindelik het ek besef dat ek ook van God probeer vlug het. Iewers, ver agter in my geheue, diep in my hart, het ek geweet dat daar 'n God is wat my liefhet, maar ek was so verskriklik skaam oor wat ek gedoen het en wie ek geword het, dat ek nie na Hom wou gaan nie. Wat van jou?
Maar eendag het ek vir die eerste keer verstaan wat die Goeie Nuus van Jesus beteken. En daardie Goeie Nuus is dat …
Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.
Met ander woorde, wanneer ons in Jesus glo, en glo dat Hy aan die Kruis gesterf het om vir ons sonde te betaal; staan ons in ‘n splinternuwe verhouding met God. Ons het vrede. Ons leef nou dag na dag uit sy goedheid. Dis die einde van konflik. En hierdie wonderlike vrede van vryspraak is alles aan Jesus Christus te danke.
Dis nie net goeie nuus nie, dis opspraakwekkende nuus – vir my en vir jou. Ons verhouding met God is deur ons geloof in Jesus herstel, en dit gee ons vrede met Hom. Uiteindelik...
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1380 episodes